Artemis 1

Artemis 1
Die SLS-vuurpyl lanseer Artemis 1 van die Kennedy-ruimtesentrum.
Die SLS-vuurpyl lanseer Artemis 1 van die Kennedy-ruimtesentrum.
Ander name Artemis I (amptelik)
Exploration Mission-1 (EM-1, voorheen)
Soort sending Onbemande
maanwentelings-
toetsvlug
Opgestuur deur Nasa
Duur van sending
  • 25 dae, 10 uur, 55 minute, 50 sekondes (nieamptelik)[1][2]
Afstand afgelê 2,1 miljoen km
Ruimtetuig Orion CM-002
Lanseringsdatum 16 November 2022[3]
Lanseringsterrein Kennedy-ruimtesentrum
Aankoms 21 November 2022[4]
Landingstyd 11 Desember 2022[2]
Landingsterrein Stille Oseaan
Wenteltydperk 14 dae
Volgende sending Artemis 2
Webtuiste www.nasa.gov/artemis-1

Artemis 1, amptelik Artemis I[5] en voorheen bekend as Exploration Mission-1,[6] was 'n onbemande sending vir 'n omwenteling van die Maan en die eerste ruimtevlug in Nasa se Artemis-program. Dit was ook die eerste vlug van die agentskap se Space Launch System (SLS)-vuurpyl en die hele Orion-ruimtetuig.[7]

Die Artemis 1-sending behels die toetsing van al die vuurpylfases en ruimtetuie wat in latere Artemis-sendings gebruik sal word. Dié sendings het ten doel om 'n menslike teenwoordigheid op die Maan te hervestig en tegnologie en sakebenaderings te demonstreer wat nodig is vir toekomstige wetenskaplike studies, insluitende die verkenning van Mars.[8]

Nadat dit in 'n baan na die Maan geplaas is, het die sending 10 CubeSat-satelliete lanseer vir 'n verskeidenheid toetse en foto's.[9] Die Orion-tuig het op 21 November verby die Maan gevlieg; daarna in 'n veraf, ses dae lange retrograde wentelbaan gegaan; en op 25 November vir 'n tweede keer 'n verbyvlug uitgevoer.

Die tuig het daarna teruggekeer en met behulp van sy hitteskild weer die Aarde se atmosfeer binnegegaan. Dit het op 11 Desember in die Stille Oseaan neergeplons.[10] Die doel van die sending was om Orion en die SLS te toets vir bemande vlugte, wat met Artemis 2 sal begin.[11] Dié sal 'n bemande verbyvlug van die Maan uitvoer. Daarna sal Artemis 3 'n bemande maanlanding behels vyf dekades ná die laaste bemande maansending, Apollo 17.

Die SLS sou reeds in 2016 gelanseer gewees het, maar weens vertragings is die lanseringsdatum met ses jaar uitgestel. Die eerste lanseringspoging van Artemis 1 was op 29 Augustus 2022, maar is gekanselleer weens probleme. Die tweede poging, op 3 September 2022, is ook opgeskort weens 'n waterstoflekkasie.[12] Artemis 1 is eindelik op 16 Novermber 2022 suksesvol van die Kennedy-ruimtesentrum af gelanseer.

  1. "Artemis 1 Press Kit" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 November 2022. Besoek op 16 November 2022.
  2. 2,0 2,1 "NASA Prepares Rocket, Spacecraft Ahead of Tropical Storm Nicole, Re-targets Launch". Nasa. 8 November 2022. Besoek op 8 November 2022.
  3. Roulette, Joey; Gorman, Steve (16 November 2022). "NASA's next-generation Artemis mission heads to moon on debut test flight". Reuters. Besoek op 16 November 2022.
  4. "Artemis I – Flight Day Five: Orion Enters Lunar Sphere of Influence Ahead of Lunar Flyby". Nasa. 20 November 2022.
  5. Artemis: brand book (Report). Washington, D.C.: NASA. 2019. NP-2019-07-2735-HQ. "MISSION NAMING CONVENTION: While Apollo mission patches used numbers and roman numerals throughout the program, Artemis mission names will use a Roman numeral convention."  Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  6. Hambleton, Kathryn (20 Februarie 2018). "Artemis I Overview". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2022. Besoek op 24 Augustus 2022.
  7. Grush, Loren (17 Mei 2019). "NASA Administrator on new Moon plan: "We're doing this in a way that's never been done before"". The Verge. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2020. Besoek op 17 Mei 2019.
  8. Dunbar, Brian (23 Julie 2019). "What is Artemis?". Nasa. Besoek op 17 November 2022.
  9. Ohana, Lavie (3 Oktober 2021). "Four Artemis I CubeSats miss their ride". Space Scout. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2022. Besoek op 6 Oktober 2021.
  10. "NASA's Artemis I moon mission ends as Orion capsule splashes down in Pacific Ocean". Boston 25 News (in Engels). 11 Desember 2022. Besoek op 11 Desember 2022.
  11. Clark, Stephen (18 Mei 2020). "NASA will likely add a rendezvous test to the first piloted Orion space mission". Spaceflight Now. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2020. Besoek op 19 Mei 2020.
  12. Foust, Jeff (3 September 2022). "Second Artemis 1 launch attempt scrubbed". SpaceNews. Besoek op 4 September 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search